skip to main |
skip to sidebar

En hier is die verhooggedoente met al die pret. Party ouens het Die Stem probeer sing, en Shosholoza! Ja well no fine...
En die krismiswurm maak toe sulke heerlik-lekker geluide wat mens se tone laat opkrul van knus genot! Ai, hoe lekker was die aand!

Hier is die Bok-man in volle glorie. Min performers kry dit reg om 'n live show te doen wat reg klink en wat die skare rock. Bok jy rock! Dit was ongelooflik om te dink dat ons in die middel van die woestyn was, in 'n vreemde land. Ek skat daar was seker so 'n paar duisend meestal Afrikaans-sprekende expats wat die show bygewoon het. Ten spyte van die koue het ons almal die samesyn terdee geniet. DE LA REY het aan die skare se hartsnare getokkel. Dit was soos 'n lekker boeredag erens in Germiston, Belfast of in die Swartland. Dankie Bok vir die show en die lekker tyd!

Dit was nou 'n lekker jol by die Al Ain rugbyklub gisteraand. Ewe skielik sak 'n ysige koue neer op die woestyn en almal wat kon het komberse en warm aantrekgoete saamgebring. Die ergste was die stofstorm wat heeldag gewoed het. Die dakke van huise en karre was snoesig omvou in rooi woestynsand. Hoe heerlik was die reuk van kerrie en rys met Mrs. Ball's blatjang, die asemrowende koesisters en klein melktertjies. Hier is 'n foto van my en my kollega, Sharon, ook 'n Engelse onderwyser by my skool. Ons het besluit om die Bok-ding te doen, min wetende dat ons die koue sou moes aandurf. In die agtergrond is is die pawiljoen van die rugbyklub.