Saturday, September 15, 2007

GROETNIS

Ja, hier sit ek nou uiteindelik in die woestyn, 'n klipgooi van Saudi-Arabie af, en reg op die grens met Oman. Mensig - wie sou nou ooit kon raai dat 'n boerseun so gelukkig sou kon wees hier in die Verenigde Arabiese Emirate? Dankie Derrech en Etienne op RSG - ek sit so lekker en kuier-kuier hier so al met julle saam!! Bekyk nou mooitjies daardie bokbekbaard waarmee ek so spog. My Graad 10D studente het my die bynaam "Satsuka" gegee wat Arabies is vir "bokbekbaard". So lekker werk ek met hulle saam dat hulle selfs bietjie Afrikaans besig in die skool. My hart slaan skoon bollemakiesie as ek so in die marmervloergange afstap na my klas en ek hoor: Hoe gaan dit? Goed dankie! Julle ouens maak dit 'n plesier om onderwyser te kan wees.

1 comment:

Susan said...

Hierdie is 'n G8 idee. Dis lekker om te kan sien waar jy is en wat jy aanvang. Die wêreld is deesdaae so klein met al die wonderlike tegnologie.