Friday, February 1, 2008

BOK VAN BLERK CONCERT - AL AIN RUGBY CLUB - 1 February 2008



Dit was nou 'n lekker jol by die Al Ain rugbyklub gisteraand. Ewe skielik sak 'n ysige koue neer op die woestyn en almal wat kon het komberse en warm aantrekgoete saamgebring. Die ergste was die stofstorm wat heeldag gewoed het. Die dakke van huise en karre was snoesig omvou in rooi woestynsand. Hoe heerlik was die reuk van kerrie en rys met Mrs. Ball's blatjang, die asemrowende koesisters en klein melktertjies. Hier is 'n foto van my en my kollega, Sharon, ook 'n Engelse onderwyser by my skool. Ons het besluit om die Bok-ding te doen, min wetende dat ons die koue sou moes aandurf. In die agtergrond is is die pawiljoen van die rugbyklub.

1 comment:

Unknown said...

Ag lekker - hoe gelukkig kan 'n mens dan nou wees. Wag in spanning dat Bok dalk sy opwagting kom maak hier in New Zealand. Het so bietjie op die net gekrap vir SAkaners in Dubai en toe op jou naam afgekom.

Ek wil kontak maak met ander SA'kaners in Dubai - kan jy dalk help?

Dankie en skies dat ek so voor op die wa is. As jy dalk vir my kan mail by - moedhou@gmail.com