Friday, February 1, 2008

BOK VAN BLERK CONCERT - AL AIN RUGBY CLUB - 1 February 2008



Hier is die Bok-man in volle glorie. Min performers kry dit reg om 'n live show te doen wat reg klink en wat die skare rock. Bok jy rock! Dit was ongelooflik om te dink dat ons in die middel van die woestyn was, in 'n vreemde land. Ek skat daar was seker so 'n paar duisend meestal Afrikaans-sprekende expats wat die show bygewoon het. Ten spyte van die koue het ons almal die samesyn terdee geniet. DE LA REY het aan die skare se hartsnare getokkel. Dit was soos 'n lekker boeredag erens in Germiston, Belfast of in die Swartland.


Dankie Bok vir die show en die lekker tyd!

No comments: